Dankbaar vir 18 jaar! Print E-mail
News - Kommentaar
Saturday, 19 September 2020 06:41
Untitled Document

Met elke vorige verjaardag-uitgawe van die Bronnie is ons opregte dankbaarheid teenoor ons lesers en adverteerders uitgespreek vir julle onontbeerlike aandeel in die voortbestaan en groei van ‘n onafhanklike publikasie met sy fokus op ‘n bepaalde landelike gebied.

In die vreemde en verontrustende tyd wat ons 18e verjaardag vooraf gegaan het (en nog met ons is) word hierdie dankbaarheid met die diepste denkbare opregtheid beklemtoon. Die blote feit dat jy nou ná 18 jaar hier lees het ons net deur die genade en die volhardende ondersteuning van ons lesers en getroue adverteerders te danke.

Die pandemie wat wêreldwyd sy nare, vernietigende uitwerking ook in die mediawêreld gehad het en steeds het, het uiteraard ook nie bloot ‘n draai om die Bronnie geloop nie. Kyk ‘n mens na baie ou bekende en gevestigde publikasies wat oor jare heen deur magtige organisasies gerugsteun is en wat nou vir laas moes vou, is dit duidelik dat die uitdaging van ongekende omvang is.

Maar nou ja – daar was jou werklikwaar ook om hierdie donker wolk vir die Bronnie ‘n silwer randjie om aan te gryp. Ons is gedwing om ons ook aanlyn tuis te maak en baie gou is derduisende gereelde nuwe lesers elektronies bereik. Ons is oorval met mense wat laat weet hulle is baie in hulle noppies met die inhoud (redaksioneel en advertensie) van Die Bronberger. En die getalle groei met elke uitgawe . . .

Ons klink daarom, in diepe dankbaarheid, ‘n glasie saam met julle op die Bronnie se 18e verjaardag! Dit is met geesdrif en hoop dat ons die nuwe, pandemiese perd opsaal en vol vertroue die toekomspad aanpak. Dankie.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger