Baie spesiale 18e verjaardag! Print E-mail
News - Kommentaar
Friday, 14 August 2020 09:56
Untitled Document

Die Bronnie word met ons volgende (baie spesiale) uitgawe in September ‘n volronde 18 jaar oud. Ons voel ons met dié 18e verjaardag-uitgawe in die besonder geseënd en oordadig dankbaar.

Deurgaans was dit ‘n voorreg (sommige sou meen eerder ‘n wonderwerk) vir Die Bronberger om as onafhanklike, gratis publikasie oor 18 jare heen te bly voortbestaan en in gewildheid en gestalte te groei. Dit sonder die steun van enige groot onderneming of organisasie, maar wel met die geesdriftige aanvaarding van ons lesers en die onontbeerlike ondersteuning van ons adverteerders. Dankie.

In die maande voor die Bronnie se 18e verjaardag, het sake en omstandighede (vir almal) drasties verander. Vreemde, nuwe omstandighede het nuwe denke en vreemde uitdagings, ook vir ons hier by die Bronnie, meegebring.

Ons is tot die keuse tussen aanpas of sink gedwing. Die Bronnie het (met hulp) hom sonder skroom tot die ‘aanpas-opsie’ gewend en ons aanlyn tuisgemaak. Die uitgee van ’n elektroniese Bronnie het sommer gou ons stoutste verwagtinge oortref. Lesersgetalle het drasties gegroei en bestaande en nuwe lesers het die ‘drywende’ Bronnie met ope arms verwelkom.

Met die vorige uitgawe het ons die heel eerste keer ‘n ‘dubbeldoor’ (gedrukte en elektroniese Bronnie) die lig laat sien. Die verwelkoming van lesers en adverteerders ná die ‘nuwigheid’ laat ons met beskeie tevredenheid en in dankbare opgewondenheid.

En dit is onder meer ook wat lesers en adverteerders met September se 18e herdenkingsuitgawe te wagte kan wees.  

Deur die jare is ons verjaarsdag-uitgawes telkens met geesdrif ontvang en baie goed ondersteun. Dit is reeds duidelik dat hierdie jaar geen uitsondering gaan wees nie, maar met die bykomstige bonus om op diverse wyse ‘n buitengewone versamelaarsitem beskikbaar te stel wat vir wyer, waardevolle en langdurige blootstelling van die advertensie- en redaksionele inhoud sal sorg.

Ons kan met vrymoedigheid almal wat in die laaste 18 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger adverteer het, nooi om ons verjaarsdag saam met ons te vier deur ‘n advertensie in September se buitengewone uitgawe te plaas. Gereelde adverteerders kan dit gerus oorweeg om voluit te gaan – dalk met ‘n groter advertensie. Vir diegene wat net soms of sporadies adverteer, is September se gedenkuitgawe dié een waarin jou onderneming gesien wil word.

En as jy nog nooit in Die Bronberger geadverteer het nie, is hierdie die ideale geleentheid om te ervaar wat dié gewilde gemeenskapstydskrif nou vir jou kan beteken.

Bespreek jou plek: Kontak Tania by 072-089-0227 of  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kontak Hannes by
072-992-5440 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

As jy jou Bronnie per e-pos wil ontvang, stuur ‘n versoek met jou naam by na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . As jy jou Bronnie op jou foon wil kry, stuur ‘n WhatsApp met jou naam by na 083-959-1016.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger