Vol hoop vir opwindende nuwe era Print E-mail
News - Kommentaar
Wednesday, 17 June 2020 14:19
Untitled Document

Welkom by die derde uitgawe van die Bronnie wat elektronies uitgegee word. Ons is oneindig dankbaar om te kan berig dat die vorige uitgawes, waar ons gedwing is om planne in uitsonderlike omstandighede te maak en om die aanlyn-pad te loop, met bykans oorweldigende geesdrif ontvang is en baie wyd en deeglik gelees is.

Die positiewe terugvoer (soos in enkele skrywes hiernaas weerspieël word) van getroue Bronnie-lesers uit ons gebied en ook van sommige van die letterlik duisende nuwe lesers uit ons kontrei en ook van dwars oor die land en die buiteland, verwarm die hart en maak ons opgewonde oor die toekoms: ‘n Toekoms van groei waar ons beplan om die gedrukte Bronnie weer op sy verspreidingspunte beskikbaar te stel, maar daarmee saam ook om vol te hou met die baie gewilde aanlyn-uitgawe.

Saam met die verwagte (eintlik gewaarborgde) drastiese vermeerdering in lesers-getalle, sal dié nuwe era ook uiteraard aansienlike groter en volgehoue blootstelling aan ons gewaardeerde adverteerders tot gevolg hê.

Die voorneme was om reeds met dié Junie-uitgawe ook weer die glanspapier-tydskrif te versprei, maar onvoorsiene omstandighede, soos dié waaraan ‘n mens deesdae in dié onvoorspelbare tye al bykans gewoond geraak het, het op die laaste nippertjie ‘n stokkie daarvoor gesteek. Ons hoop en vertrou om met die Julie-uitgawe dié opwindende nuwe pad volstoom te begin loop.

Intussen kan ons nie nalaat om ons adverteerders, waarvan sommige ook weens die omstandighede swaar trek en baie ook nuwe en innoverende planne moes maak om sake aan die beweeg te hou, uit ons harte te bedank vir die volgehoue ondersteuning oor die afgelope 18 jaar nie.

Ons is ook opreg dankbaar vir die Bronnie se lojale lesers, wat ook nou, soos oor al die jare heen, deur wonderlike meelewing en die volhardende ondersteuning van ons adverteerders, die Bronnie-hart vol hoop vir ‘n blink toekoms aan die klop hou.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger