Liewe oom Krismisfaader . . . Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Thursday, 12 December 2013 22:20
Untitled Document

Liewe oom Krismisfaader,

Hoe gaan dit met oom met my gaan dit goet al het ek nie eers so ‘n mooi poonie soos daai stoute Jaakie van lansaan nie. Oom onthou my nog? Ek’s mos nou weer Daantjie van Donkerhoek wat die jele jaar so soet was en ek sal nie val en my nekbreek as ek ‘n poonie het nie. Regtig nie, oom Krismisfaader. Oom moenie altyd alles glo wat die groot mense sê nie. Amal kan voute maak. My pa sê so, dan sê my ma ja maar niemand kan so baie van hille so aamekaar maak soos my pa nie. Dan sê my pa gmf en anner goet wat kinners nie mag sê nie.

Die poonie moet so ‘n witte wees met sukke kolle op, assebliev oom. Hulle sê pyntpounie in Engels.

Ek weet nie hoe oom Krismisfaader hom hier gaan kry nie. Oom moet hom assebliev net nie in oom se groot sak druk nie en sy naam moet oknie Trieger wees soos daai Jaakie sinne nie. Ek weet oom sal ‘n plan maak oor oom baie slim is oor oom al so firskriklik oud is. My ma sê altyd as ek vra, ek sal eendag firstaan as ek ouer is. Ek dink oom firstaan al amper alles. My ma sê ok mense raak beter met die ouder dom, dan sê my pa dissie altyd waarie, want as dit waar was moes my ouma (my pa sê sy ou skoonma) teen hierrie tyd al van tasties gewees het en sy is buslis nie dit nie.

Wat is ‘n bank rot, oom? Oom is mossie ‘n bank rot nie, nè oom? Al sê my pa ok so. Hy sê so as ek hom vra of hy dink oom Krismisfaader sal vir my ‘n cowbooisaal en ‘n springtoom saam met die poonie bring. Dan sê my pa nee, oom Krismisvader is hierrie jaar ‘n bank rot. As ek vra sê my pa ‘n bank rot is amper soos ‘n kerk muis net baie erger en dis hoe ek weet jy moenie altyd glo wat groot mense en koerante sê nie. My pa sê jy moet nooit glo wat pollietiekussers sê nie. Pollietiekussers is mos ook groot mense, nè oom? Sien oom?

My pa sê oom Buks sê pollietiekussers is nes skoenlappers. Hy sê voor ‘n firkiesing dan dartel en flarrer ‘n pollietiekuster soos ‘n mooi flinner vol mooi beloftes tissen die blomme deer en dan veranner hy na die firkiesing in ‘n aaglike vet wurrem wat alles voor hom opvreet en firnietig sodat hy al hoe vetterder en vetterder kan word.

Wat is ‘n ietol oom? Ek weet net dis ‘n ding wat op ‘n pad sit en mens se gelt steel en dit maak my pa sommer freeslik kwaat. My pa sê hille kan hille ietolle in hille ….polle (kinners mag nie daai woord sê nie, oom) opdruk. Dwars, sê my pa. My pa sê die dag dat hy vir ietol riggiestreer is die dag dat farke flieg. Is ‘n ietol dan amper soos ‘n pollietiekuster oom?

As oom regtig ‘n bank rot is dan hoef oom nie fir my die cowbooisaal en die springtoom saam met die poonie te bring nie. Oom Krismisfaader kan dit dan fir my boetie Neelsie bring. Hy het gesê hy wil dit firskriklik graag hê.

My ma sê oom kry nie pirsente vir Krismis nie. Siestog oom. My ma sê oom se pirsent is die vreegte om te kan gee. Ek firstaan amper maar nie heeltemal nie oom. Is dit hoekom oom laasjaar my pirsint vir oom net daar agter die kombysdeer gelos het? As oom nou kom om my poonie en Neelsie se saalentoom te bring, kan oom maar  daai plank agter die deer vat vir tannie Krismisfaader want ek is seker die tannie mag pirsente kry?

Oom moet mooi flieg hier na ons plot toe hier aan die linker kant van die pat net voor die brig oor die spruit daar waar staan Daan en Nellie op die borkie by die hek. Oom kan fir Fonk (Fonk is my poonie se naam, oom) maar byte los want ek dink nie my ma sal hom  al op die eerste dag in die hys wil hê nie.

Groete oom

Soet Daantjie van Donkerhoek

 

© 2024 Die/The Bronberger