Gemeente vier 118 jaar Print E-mail
News - Toeka se dae
Thursday, 16 November 2023 12:00
Untitled Document

Die NG Gemeente Bronkhorstspruit het in Oktober 118 jaar oud geword.

Die gemeente is op 13 Oktober 1905 met die naam die Nederduits Hervormde of Gereformeerde Gemeente, Erasmus gestig. Aan die begin is daar kerk gehou in ’n sinkgebou, maar die gemeente het ná omtrent 10 jaar fondse begin insamel vir die bou van ’n behoorlike kerk.


Die ou kerkgebou van die Nederduits Hervormde of Gereformeerde Gemeente, Erasmus
Foto: NG Gemeente Bronkhorstspruit

Die eerste leraar was dominee DJ Kriel, wat in 1906 bevestig is. Hy het die gemeente in 1911 verlaat en is na Reddersburg in die Vrystaat. In 1912 is hy terugberoep en het die gemeente gedien tot hy sy emeritaat vir die eerste maal in 1918 aanvaar het.


Dominee DJ Kriel
Foto: Wikipedia

Later jare het die gemeente die dorp, Bronkhorstspruit, se naam gekry en is ’n nuwe kerk gebou. In 1920 het die Premiermyn-gemeente op Cullinan afgestig en in 1976, die Nooitgedacht-gemeente op Bronkhorstspruit.

 

© 2024 Die/The Bronberger