Só het die Kersseisoen 100 jaar gelede gelyk Print E-mail
News - Toeka se dae
Saturday, 11 December 2021 10:07
Untitled Document

Waaroor het die tonge ’n 100 jaar gelede geklap? Die Randse Rebellie het op 28 Desember 1921 uitgebreek; dit was die jaar wat die Reserwebank gestig is, die eerste Comrades maraton gehardloop is en die eerste Afrikaanse ‘blitsverkoper’ die rakke getref het. Ons wys ook hoe Kerskaartjies daardie jaar gelyk het, wat mode was en watter Kersgeskenke gewild was.

Rebellie
Die Randse Rebellie het op 28 Desember 1921 begin as ’n staking van blanke goudmyners aan die Witwatersrand. Binne drie maande het dit gegroei tot ’n gewapende opstand teen die staat en die oorname van Benoni en Brakpan en het dit na die Johannesburgse voorstede van Fordsburg en Jeppestown versprei.


’n Hedendaagse uitbeelding van die Randse Rebellie
Foto: Wikipedia

Die opstand is in Maart 1922 met militêre vuurkrag onderdruk toe eerste minister, Jan Smuts, 20 000 troepe, artillerie, tenks en bomwerpervliegtuie ingespan het. Daar is 200 mense dood, insluitend die stakingsleiers, Percy Fisher en Harry Spendiff.


In Desember 1921 het daar vir die eerste keer ’n Colgate tandepasta-advertensie in
‘Die Boerevrou’ verskyn
Bron: ‘Die Boerevrou’, Desember 1921


‘Die Huisgenoot’ van November 1921 het lesers solank begin gereed maak vir die Kersseisoen
.
.

Dié onderdrukking het ’n politieke terugslag vir Jan Smuts veroorsaak en in die 1924-verkiesing het sy Suid-Afrikaans Party teen ’n koalisie van die Nasionale Party en Arbeidersparty verloor. Hulle het die Wet op Nywerheidsversoening in 1924 ingestel, die Loonwet in 1925 en die Wysigingswet op myne en werke in 1926.

Reserwebank
Desember 1921 was die eerste feesgety waar daar ’n Suid-Afrikaanse Reserwebank was om orde te herstel en in stand te hou in die sirkulasie van ons binnelandse geldeenheid. Dié bank se doel was ook om die goudstandaard te herstel tot voor die Eerste Wêreldoorlog se wisselkoers.


Die ‘Zuidafrikaanse Reservebank’ se eerste gebou in Kerkstraat, Pretoria
Bron: resbank.co.za

Die Reserwebank het sy deure op 30 Junie 1921 oopgemaak en die eerste banknote is op 19 April 1922 aan die publiek beskikbaar gestel. Dié bank is gestig weens ongewone monetêre toestande wat uit die Eerste Wêreldoorlog voortgespruit het. Destyds het kommersiële banke banknote aan die publiek uitgereik, wat deur goud gerugsteun moes word. Maar die prys van goud in die Verenigde Koninkryk het gestyg en hoër geword as die goudprys in Suid-Afrika. Daarom kon ’n wins gemaak word deur banknote in Suid-Afrika in goud te omskep en die goud in Londen te verkoop. Kommersiële banke moes goud egter teen ’n hoër prys in Londen koop vir herinvoer na Suid-Afrika en dié “verpligting om teen ’n verlies handel te dryf” het ’n ernstige bedreiging vir kommersiële banke ingehou en hulle het die regering se hulp ingeroep.


‘Zuidafrikaanse Reservebank’ – ’n Een Pond noot uit 1921 wys heel regs ’n skip wat seil.
Die ontwerper was HLG Pilkington
Bron: numista.com

Dit het gelei na die Goud Konferensie van Oktober 1919, waar aanbeveel is dat ’n sentrale bank gestig word om verantwoordelikheid te aanvaar vir die uitreiking van banknote en die oorname van die goud wat deur kommersiële banke gehou word.

Eerste Comrades
Vic Clapham kon Kersfees 1921 geniet met die wete dat hy dit reggekry het om die heel eerste Comrades Maraton op 24 Mei daardie jaar te reël. Hy was ’n veteraan uit die Eerste Wêreldoorlog en het die maraton-gebeurtenis gestig om Suid-Afrikaanse soldate wat in dié oorlog gesneuwel het, te gedenk.


Vic Clapham
Foto: samilhistory.com

Daar was 34 deelnemers, waarvan Vic een was. Bill Rowan was die wenner met ’n tyd van 08:59. Slegs 16 deelnemers het die 87,9 km wedren van Pietermaritzburg tot Durban voltooi.


Dié poskaart is op 21 Oktober 1921 om 11 vm na Duitsland gestuur – waarskynlik net betyds vir Kersfees – en wys die Pollak-gebou in Johannesburg. Die poskaart is deur WE Burmester & Co, Johannesburg gepubliseer

Vandag het meer as 300 000 deelnemers dié wedren al voltooi en dit is elke jaar sedert 1921 gehou, behalwe in die Tweede Wêreldoorlog en met die Covid-19 pandemie in 2020.

Oerwoud


‘Uit oerwoud en vlakte’
Bron: Litnet
.


‘Unie van Zuid Afrika Post-zegels’. Dié 1921 boekie het verskeie posseëls bevat vir ‘Telegrammen Binnenland’
Bron: stockical.top

Sangiro se boek, ‘Uit oerwoud en vlakte’, het in 1921 verskyn en was Afrikaans se eerste “blitsverkoper” – beslis op die Kersfees-inkopielys daardie jaar. Dié versameling sketse, geskryf deur ‘Burger’-redaksielid, AA Pienaar, is eers in ‘Huisgenoot’gepubliseer. Die tweede uitgawe het tot in 1974, 44 drukke beleef en daarna het ’n derde en vierde uitgawe asook sagteband-uitgawes in 1983 en 1986 verskyn – altesame 145 000 eksemplare.


’n Aandrok uit 1921
Bron: Glamourdaze
.


Die ‘Women’s Paris Fashion Report’ van 1921 is geskryf deur Mary Brush Williams vir die ‘Ladies Home Journal’
Bron: De la Mode

Kerskaartjies


’n Kerskaartjie uit 1921 lees: “Though absence we regret, let this small tribute say, old friends we’ll not forget upon this Christmas day”
Bron: picclick.co.uk


’n Kerskaartjie uit 1921 lui: “May you have the joy of the angels abiding in your heart always”
Bron: picclick.co.uk
.


’n Deense Kerskaartjie uit 1921 lui “Glaedelig Jul”
Bron: picclick.co.uk


’n Duitse Kerskaartjie uit 1921 – Ludwigshafen
Bron: picclick.co.uk
.
.
.


Dié 1921 Kerskaartjie wys Kersvader met ’n sak vol speelgoed voor ’n skoorsteen op ’n helder maanlig-aand. Die kaartjie is deur “Stecker Lith of Rochester NY”
Bron: picclick.co.uk

Kersgeskenke


‘Country Life’ van November 1921 dra ’n advertensie wat sê dat dié “Pathescope” die ideale Kersgeskenk vir die hele gesin is. Dit is ’n masjien wat skyfies wys
Bron: picclick.co.uk


‘The Illustrated London News’ van
10 Desember 1921 wys wat daardie Kersseisoen in die winkels te koop was
Bron: picclick.co.uk


‘Country Life’ van Desember 1921 sê dat die ideale Kersgeskenk vir jou vrou ’n stofsuier is: “This Christmas give her a Hoover as a lasting reminder of your thoughtfulness”


Dié 1921 foto wys ’n vrou wat by ’n Kersboom staan met geskenke op die tafel
Bron: picclick.co.uk
.



“What a glad Xmas surprise” lui dié 1921 advertensie vir Lionel Electric Toy Trains
Bron: picclick.co.uk


’n Koerantadvertensie uit 1921 wys meganiese speelgoed vir seuntjies
Bron: picclick.co.uk


’n Advertensie uit 1921 wys Tinker Novelties and Gibbs’ Toys – ideaal vir Kersfees
Bron: picclick.co.uk


Sears het in 1921 ’n F & B Mary Jane-pop uitgebring wat daardie jaar ’n gewilde Kersgeskenk was
Bron: dollreference.com


The Saturday Evening Post’ van 17 Desember 1921 sê dat Prince Albert-tabak die ideale geskenk vir ’n man is. “He’ll say it’s a whale of a gift.” Dit was ’n advertensie van die RJ Reynolds Tobacco Company
Bron: picclick.co.uk


Dié is ’n 1921 advertensie vir “Schoenhut All Wood Dolls”
Bron: atticpaper.com
.
.

Vervoer


Die 1921 Packard 3-35. In 1921 is 71,5% motors uit Amerika ingevoer en 23% uit Brittanje. Daar was tot die laat 1940’s meer Amerikaanse voertuie op Suid-Afrikaanse paaie as vanuit enige ander land
Foto: bonhams.com


Al ooit gewonder hoe motorfietse in 1921 gelyk het? Hier is Cecil Henry Kelly op ’n Hilda Motorfiets. Hy het negende plek gekry in die ‘DJ Run’ wat in 1921 in Natal gehou is
Foto: Susanne Doughert

 

© 2024 Die/The Bronberger