Tradisie van T–lepel–ete Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 14 June 2024 08:00
Untitled Document

Die jaarlikse T-lepel-ete het 52 seniors op 15 Mei by die Premiermyn Hervormde Kerk op Cullinan byeengebring.


Van links na regs: Annette Erasmus; Hester Botha; Suzan de Jager;
Louise Bierman en Elaine Steenkamp
Foto: Verskaf

Die term ‘T-lepel-ete’ is presies wat dit sê: Alles word met teelepels geskep en geëet. Tafels is mooi gedek en keurige disse is voorgesit by dié geleentheid, wat deur die gemeente se seniorsgroep, Die Swaeltjies, gereël is.

Om meer fleur aan die geleentheid te gee, is die gaste se algemene en musiekkennis getoets.

 

© 2024 Die/The Bronberger