Pretloop met waterballonne gehou Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 17 May 2024 14:00
Untitled Document

Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) se eerste pretloop fondsinsameling was op 13 April. Lede van die publiek het by inwoners van die Paul Jungnickelhuis aangesluit om ’n roete, wat op die organisasie se Zwavelpoort-terrein uitgelê is, kaf te draf.


Die pretloop in volle swang

Deel van die pret vir inwoners was om mense met waterballonne te gooi. In ’n bedanking aan deelnemers sê KWO dat diegene wat die uitdaging om waterballonne te ontduik vreesloos aangegryp het, se sin vir pret ’n ekstra lagie opwinding aan die dag verleen het.


Die wegspring
Foto’s: KWO

Die organiseerders sê dat die volgende pretloop groter gaan wees, meer kleurvol en dat deelnemers beslis natter gegooi sal word.

 

© 2024 Die/The Bronberger