Lees is lekker Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 17 May 2024 14:00
Untitled Document

Laerskool Tygerpoort het Wêreldboekedag met ’n besoek van Boek Buddies gevier.

Tygies in die grondslagfase kon deelneem aan ’n vertoning waar verskillende Afrikaanse boeke deur drama uitgebeeld is. Die maats kon saamsing en raai hoe die boeke gaan eindig.


Boek Buddies vermaak Tygies in die grondslagfase
Foto: Verskaf

Wêreldboekedag, ook bekend as Wêreldboek- en kopieregdag of Internasionale Dag van die Boek, is ’n jaarlikse geleentheid wat deur UNESCO gereël word om lees, publisering en kopiereg te bevorder.

Die eerste Wêreldboekedag is op 23 April 1995 gevier en word steeds op daardie datum erken.

 

© 2024 Die/The Bronberger