Grootste Goliat van Gat Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 20 April 2024 09:00
Untitled Document

Cornelis Bester se 730,8 kg pampoen het die eerste prys by die Goliat van Gat-pampoenfees op
16 Maart gewen.

Dit is die 20ste agtereenvolgende jaar wat dié pampoenkompetisie gehou word en Adam Tas en Ghapi het feesgangers by die Pretoria Boeremarkterrein in Silverton vermaak. Die fees word deur TLU SA se Cullinan Boere-unie gereël en dit is waar die naam vandaan kom – Cullinan is bekend vir die groot gat waar die bekendste diamant in die wêreld uitgehaal is.


Die wenpampoen van 730,8 kg
Foto: Goliat van Gat Pampoenfees

Wykus Lamprecht het die tweede grootste pampoen, teen 568 kg, ingeweeg en Dirk Smal die derde grootste teen 467,4 kg. Die pryse vir die mooiste pampoen en oorspronklikste pampoen het ook aan Wykus Lamprecht gegaan. Die spangees-wenners was ‘Oupa se span’ en die junior kwekers wenspan was Ruben en Ane Small (203.2 kg).

Altesaam is 19 pampoene met ’n totale gewig van 3 214 kg ingeweeg. Dié pampoene is almal aan ’n welsynsorganisasie geskenk om onder behoeftiges in die Pretoria-gebied te versprei.

 

© 2024 Die/The Bronberger