Byeenkoms smee bande Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 20 April 2024 09:00
Untitled Document

Lakes Sekuriteitsforum se fondsinsamelingsdag op 21 Maart was ’n reuse sukses.
Meer as 500 deelnemers het op Hazeldean Valley se roetes gestap, gedraf of fietsgery. Daar was ’n verskeidenheid kraampies, interaktiewe uitstallings en misdaadsbekampingdemonstrasies.


Deelnemers met die silo’s van die historiese Malleson-melkplaas in die agtergrond
Bron: Lakes Sekuriteitsforum

Malcolm de Klerk, direkteur van dié forum en raadslid vir wyk 101, het gesê dat die fondse wat ingesamel is aangewend sal word om misdaadbekampingstegnologie, insluitende hommeltuie, aan te skaf.


Toeskouers kyk na die honde-demonstrasie
Bron: Skermgreep van video

Hy het gesê dat die dag ook beplan is om mense in die gemeenskap nader aan mekaar te bring. “Dit is vir ons belangrik, spesifiek in die Silver Lakes en Hazeldean-gebied, waar daar baie landgoedontwikkelings en geslote gemeenskappe is. Ons wou daardie afsondering oorbrug en mense laat byeenkom om bande met mekaar te smee.”


Seremoniemeester Dewald Jordaan, links, en direkteur van die Lakes Sekuriteitsforum,
Malcolm de Klerk, regs
Bron: Lakes Sekuriteitsforum

 

© 2024 Die/The Bronberger