’’Viva l’Italia’’ Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 23 March 2024 08:00
Untitled Document

Die Tierpoort Seniors het op 6 Maart vir die eerste keer by Lakeside in Tiegerpoortstraat vergader.


Van links na regs: Lenie Cilliers, Martie de Klerk, Rina Snyman, Magriet O’Neil,
Renita Malherbe en Lettie van Tonder

Penelope de Oliviera en personeel het die groep met die tema “Viva l’Italia” verwelkom. Die Italiaanse vlag is oral in die dekor vertoon, selfs met die rooi, wit en groen verwelkomingsdrankies.


Komiteelede Jouline Botha en Theresa Joubert op die oewer

Die komitee het Yvette Botha as lid terug verwelkom en haar summier ingespan om die byeenkoms te lei. Na die gebruiklike formaliteite het Yvette ’n interessante vasvraekompetisie gehou. Die gaste moes die verskillende pastas op hulle tafels uitken en benoem asook die gebruik daarvan. Die wentafel is met sjokolade beloon.


Die Seniors-groep

Die spyskaart was eg Italiaans: Geurige lasagne deur Azani Caterers, Ciabata-brode asook Caprese-slaai. Die ryk gevulde Cassata roomys as afsluiting was die grootste verrassing van die dag.


Yvette Botha in aksie

 

© 2024 Die/The Bronberger