Seniors vier samesyn Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 26 January 2024 22:00
Untitled Document

Barry en Joan Annandale van Bush Willow in Nkwestraat het die Tierpoort Seniors in Desember gul ontvang. Die rooi en silwer dekor en bosse rooi rose het dadelik ’n Kersfeesatmosfeer geskep.


Lizette de Villiers en Juanita Kruger met hulle tjello’s
Foto’s: Verskaf

Pragtige Kersliedere is deur Juanita Kruger en Lizette de Villiers op tjello’s gespeel en daar was ’n gewyde voorlesing deur Linda Meintjies.


Nuwe lede Thys Kritzinger, Steph Pond, Marinda Bandat, Lily Bandat en Ancisca Kritzinger

’n Glas-engeltjie versiering is by elke sitplek gedek as geskenk van die komitee aan die gaste. Gelukkige nommers is getrek vir ekstra verrassingsgeskenkies.


Magriet O’Neil, Annatjie Pienaar, Andre Rossouw, Martie de Klerk, Renita Malherbe,
Pieter Brits en Lenie Cilliers

’n Seekos en waatlemoenkelkie is as voorgereg bedien. Dit is gevolg deur bees- en varkrolle, geurige rys, groenboontjiegebak en botterskorsieslaai.


Komiteelede: Ida Zowitsky, Jouline Botha, Linda Meintjies, Theresa Joubert, Mariet van Niekerk, Elaine Bothma en Martie de Klerk

Die pynappelskuim-nagereg met vars kersies was letterlik die “kersie op die koek” van ’n suksesvolle afsluiting van 2023.


Lenie van Tonder, Mariet van Niekerk, Rina Snyman, Hannetjie Bloem en Thersia Joubert

 

© 2024 Die/The Bronberger