Bronkies groet dominee Jan Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 26 January 2024 22:00
Untitled Document

Dominee JH (Jan) van Staden van die Hervormde Kerk op Bronkhorstspruit is op 7 Januarie oorlede.

Hy was ’n bekende spreker by talle Geloftefeeste in die gebied. In Oktober 2022 het Die Bronberger berig dat dominee Jan op Erfenisdag die verrigtinge by die Boeremonument op die terrein waar die Slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880 afgespeel het, met ’n eerbetoning geopen het.


Dominee Jan van Staden
Foto: Verskaf

Dominee Jan het op 22 Desember verlede jaar 65 jaar oud geword en is die volgende dag met ’n bloeiende maagseer in die hospitaal opgeneem. Hy het op 31 Desember 2023 emeritaat aanvaar.

Dominee Jan se toestand het versleg en hy is in die Raslouw Private Hospitaal in Centurion oorlede.
Sy begrafnis was op 13 Januarie vanuit die Hervormde Kerk op Bronkhorstspruit. Hy laat sy ouers en broer agter.

 

© 2024 Die/The Bronberger