Witties se mees veelsydige sportster |
|
|
News -
Ons Mense
|
Thursday, 16 November 2023 12:00 |
Untitled Document
Laerskool Witpoort se jaarlikse sportmerietefunksie was op 2 November en verskeie leerders het trofees ontvang vir hulle uitnemende prestasie die afgelope jaar.
’n Prestasie wat uitstaan is dié van Rikus Steyn, wat as beste krieketspeler, beste tennisspeler, sportseun vir skoolsport buiteskoolverband, sportseun vir private sport en die mees veelsydige sportster gekies is.
![](/images/stories/nov2023/onsm4.jpg)
Rikus Steyn
Foto: Verskaf
Elani Roets en Pedri Meyer is as sportdogter en -seun vir skoolsport binneskoolverband gekies. Vida Burmeister was sportdogter vir skoolsport buiteskoolverband en Zeldeen Martins was sportdogter vir private sport. |
|