Oes-kompetisie skop af Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 14 November 2020 08:18
Untitled Document

Die Witpoort Oes-kompetisie is op 22 Oktober bekendgestel. Boere vanuit die omgewing is genader om een hektaar mielies te plant en na afloop van die seisoen die opbrengs daarvan aan Laerskool Witpoort te skenk. Boere wat die meeste opbrengs per hektaar lewer staan ‘n kans om reuse pryse te wen.


Van links na regs: Sebastian van As, Christiaan Franken, Charl Jansen van Vuuren, Anja Maranta en Rianne Muller

Laerskool Witpoort is ‘n plaasskool wat deel van ‘n breër landbougemeenskap vorm en die bekendstellingsfunksie is bygewoon deur boere uit die omgewing en verteenwoordigers van Dekalb/Bayer, wat die projek se hoofborg is.


Van links na regs: Hennie Griessel, Laerskool Witpoort skoolhoof; Oelof Grabie, beheerliggaam; Esther Ferreira, beheerliggaam; Okkie van Schalkwyk, Bayer/Dekalb; Jan Gouws, Bayer/Dekalb; Pieter de Jager, beheerliggaam-voorsitter; en Lourens Swart, Dekalb/Bayer

Die buitelugfunksie is deur Anja Maranta en Charl Jansen van Vuuren, hoofleiers vir 2020, met Skriflesing en gebed geopen. Okkie van Schalkwyk van Dekalb/Bayer het meer uitgebrei oor hulle betrokkenheid by die projek en Pieter de Jager, beheerliggaam-voorsitter, het die formele verrigtinge afgesluit.

Die tafels het gekreun onder heerlike kos, geborg deur Imperfect Perfections, en die gelag en gesels het tot laatnag aangehou.

 

© 2024 Die/The Bronberger