Kleuters en koeie ewe nuuskierig oor mekaar Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 14 November 2020 08:17
Untitled Document

Kleuters van die Funtazia Kleuterskool op Sundra het onlangs al die pad Witpoort toe gery om te sien waar melk vandaan kom. Hendrik Opperman van Henopper Melkery het gewys hoe dinge daar gedoen word.


Dié koei word met voer nader gelok

Dié melkery het op 15 Augustus 1970 met net vyf koeie begin en vandag melk hulle drie keer ‘n dag 350 Holstein koeie. Hendrik sê dat daar 750 diere op die plaas is; van dag-oud tot stokoud.


Mamma Ilandra Botha saam met  Kylie Bester en bababoetie, Dian Bester, Rickus Botha en
Liam van Jaarsveld

Hy vertel dat Dewfresh juis daar was om melk te trek met die kleuters se aankoms en elke kleuter is met ‘n glasie yskoue melk verwelkom toe hulle van die bus afklim. Die vragmotorbestuurder het aan hulle verduidelik wat sy prosedure is voor hy die melk kan trek.


Hendrik Opperman verduidelik hoe die melkery werk

Daarna het hulle ‘n toer deur die melkery gedoen. Hulle kon kyk na die koeie in die koeibehuising en hoe hulle vreet en gevoer word en hoe die kalfies in hulle hokkies versorg word. Kleuters het ook belang gestel in die voermenger en hoe die voer vermeng word.


Dié kalfie het nader gestaan vir vertroeteling
Kleuters by ‘n kalfie

Daarna het hulle onder die dennebome partytjie gehou tot Hendrik om 12 uur begin melk het met die 2x16 punt Gea outomatiese ‘Rapid Exit’-melkmasjien.


Hendrik Opperman by die kleuters en ouers

Die kleuters kon kyk hoe die koeie in die melkstal voorberei word en kon die hele melkproses meemaak tot die koeie weer die melkstal verlaat het om terug te keer na elke groep se plek in die koeibehuising.


Die koeie stel baie in Ruvan Knoetze belang
Foto’s: Verskaf

 

© 2024 Die/The Bronberger