‘Die Siener’ praat met ons mense Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 14 November 2020 08:14
Untitled Document

Spookagtige gebeure by Cullinan se McHardy Huis was die fokus van ‘n episode wat op 14 Oktober in die kykNET televisiereeks, ‘Die Siener’, uitgesaai is.

Dié museum is besoek deur die heldersiende Gerald Burger om raaiselagtige voorvalle te verklaar wat aan hom vertel is deur Mark Rose-Christie, wat spooktoere op die dorp reël. Die voorvalle het te doen met tragiese gebeure in die McHardy-gesin, wat van 1903 tot die 1980’s in dié mynbestuurdershuis gewoon het.


Die produksiespan van ‘Die Siener’ voor die McHardy Huis op Cullinan. Agter staan die siener, Gerald Burger, links, Mark Rose-Christie wat spooktoere op die dorp reël, middel, en Rian van Heerden, vervaardiger van ‘Die Siener’, regs
Foto: Verskaf

In nog ’n afdeling van die program het Gerald met Damian Engelbrecht van Bashewa gepraat. Verlede jaar het ons berig dat Damian die heel eerste boer was wat ‘n man soek in die kykNET-werklikheidsreeks, ‘Boer soek ‘n Vrou’. Gerald het inligting oor Damian se oorlede pa gegee en ook gesê dat daar liefde op Damian se horison lê.

 

© 2024 Die/The Bronberger