Hulle waag dit om lief te wees Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 14 November 2020 08:14
Untitled Document

‘Dare to Love’ se mense het op 18 Oktober ‘n besoek by die Garsfonteinse Polisiestasie afgelê om vir die veiligheid van dié spervuur-werkers te bid, asook vir hulle gesinne en die gemeenskap wat hulle dien.


‘Dare to Love’ se mense bid vir die Garsfonteinse polisie
Foto: Verskaf

Die groep het Bybels en ere-kentekens aan polisielede uitgedeel. Woordvoerder vir dié Christelike organisasie, Herman Steynberg, het gesê dat hulle korrektiewe dienste ook besoek en gevangenes aanmoedig om misdaad te laat vaar. Hulle leer die gevangenes entrepreneurskap-vaardighede, wat kan help om hulle te onderhou wanneer hulle weer deel van die samelewing word.

Herman daag lede van die gemeenskap uit om polisiestasies, tronke en hospitale aan te neem en te ondersteun.

 

© 2024 Die/The Bronberger