Skoolhoof strate toe oor fondse Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 14 November 2020 08:11
Untitled Document

Willow Ridge High School se skoolhoof, Rowan Phillips, het in Oktober met ‘n plakkaat in die straat gaan staan om ouers te vra om skoolfondse te betaal.

Volgens Lindani Ngidi, finansiële komiteelid van die skool se beheerliggaam, ondervind die skool ‘n ernstige probleem met dié dat skoolfondse nie betaal word nie.

Die vrees is dat dié skool in Die Wilgers personeel sal verloor as dinge so aangaan, wat stampvol klaskamers en die verlies aan spesiale modules kan beteken.


Willowridge-skoolhoof, Rowan Phillips, in die straat langs die skool met ‘n plakkaat wat ouers vra om skoolfondse te betaal
Foto: Facebook

Paul Colditz van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole sê dat baie skole dieselfde probleem met die wanbetaling van skoolfondse ondervind. Behalwe vir die feit dat ouers finansieel swaarkry in die Covid-tyd, kon skole weens inperkingsmaatreëls ook nie fondsinsamelingsgeleenthede hou nie.

Daar is ook ouers wat besluit het om nie in die inperkingstyd skoolfondse te betaal nie, omdat hulle voel dat hulle kinders nie die onderrig gekry het wat hulle verdien nie.

 

© 2024 Die/The Bronberger