Billy slaan Marmite-eet wêreldrekord Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 14 November 2020 08:10
Untitled Document

Billy Cowley het ‘n Guinness-wêreldrekord by Radio Raps se kuierplek, Hennie’s, in Moreletapark laat spat. Hy is die mens wat die meeste Marmite binne een minuut kon eet.

Billy wou van kleins af ‘n wêreldrekord verbeter, maar hy sê dat die Marmite-slukkery baie erger was as wat hy verwag het.

Billy het André Ortolf van Duitsland, die voormalige Marmite-rekordhouer, se 2018-eetrekord van 368 gram Marmite binne ‘n minuut met 52 gram verbeter.


Billy en sy vrou, Izelle
Foto: It’s An Art

Hy wou iets snaaks en lekker doen wat die wenkbroue sou laat lig en sê dat mense in hierdie Covid-19 tyd nodig gehad het om te lag. Hy het nog altyd daarvan gehou om mense te laat lag, maar het eers ná hy einde verlede jaar die goedkeuring gekry het om die rekord aan te durf, besef hoe gevaarlik Marmite-etery eintlik is.

Spesialiste het hom teen die poging gewaarsku omdat hy 20 000 mg sout in ‘n minuut sou inneem. Die aanbevole dosis sout is tussen 2 300 en 3 400 mg per dag en Billy se bloeddruk kon dalk die hoogte in skiet.

‘n Internisvriend het aanbeveel dat Billy ná die tyd sy vinger in sy keel moet druk en dit, sê Billy, het hy deeglik gedoen en baie water gedrink.

 

© 2024 Die/The Bronberger