Vrywilligers maak skoon Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 19 September 2020 06:54
Untitled Document

Vrywilligers was die laaste week in Augustus hard aan die werk om die gebied rondom die Moreletakloof Natuurreservaat skoon te maak.


Reon, Elandri en Pedri Coetzee saam met helpers by die hoop asbliksakke
Foto’s: Facebook

Binne-in die reservaat is uitheemse indringers uitgeroei en rommel is op die padreserwes langs Rubensteinrylaan teen die reservaat se heining opgetel. Mense gooi glo swart asbliksakke uit hulle voertuie in die verbyry.


Elandri en Reon maak teen die heining langs Rubensteinrylaan skoon

Die reservaat word grootliks deur vrywilligers en skenkings in stand gehou. As jy kan help, bel Jeannie du Plessis by 082-927-4673.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger