Oor koeitjies en kalfies op klippies Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 19 September 2020 06:45
Untitled Document

Van ‘n olifant tot ‘n kat, van ‘n naaldekoker tot een van die drie varkies, ‘n verskeidenheid strokiesprentkarakters en hartjies . . . dit is wat enige iemand wat gaan stap, deesdae langs Woodhill se wandelpaaie kan optel.


Die geverfde spoelklippies
Foto: Verskaf

Die projek om spoelklippies te verf het in grendeltyd by dié gholflandgoed afgeskop. Bykans oornag het mense spoelklippe begin verf en het hulle weggesteek sodat die harte van diegene wat daarop afkom, bly gemaak kan word.

Inwoners plaas foto’s van hulle prentjie-klippe op die Woodhill Inwonersvereniging se internet forum en selfs gholfspelers stop glo om dié klippies op te tel.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger