Kinderkuns is tekenend van die tye Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 19 September 2020 06:44
Untitled Document

Met ‘n jaar wat onderstebo gegooi is deur ‘n internasionale pandemie, kon CVO-leerlinge se kunswerke nie by die landswye kunsuitstalling, wat gewoonlik jaarliks gehou word, ten toon gestel word nie. Die beeldende kuns het ten spyte van omstandighede voluit voortgegaan. 


Die worshond is deur Danél van Wyk geteken

Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO), die sambreelmaatskappy waarby CVO-skole geaffilieer is, het laat weet dat die invloed van die ontwrigtende omstandighede in van die kinders se kunswerke na vore gekom het, soos ‘n gemaskerde man, wat tekenend van hierdie jaar is.


Anja van Wyk se budgie

Daniël Tomlinson se hond

Die BCVO berig dat werk wat uitgestaan het, onder die tema selfportret, troeteldiere en vetplante was. Kunswerke is ingedien in teken- en skilderwerk, beeldhou, kunsvlyt en fotografie-afdelings.


Die gemaskerde man is tekenend van hierdie jaar

Leerlinge neem eers plaaslik by die landswye CVO skole deel. Die beste inskrywings dring na die streeksrondte deur. Die bestes van elke streek dring dan na die nasionale rondte deur waar elke inskrywing weer deur onafhanklike beoordelaars beoordeel word.


Maré Langenhoven se kat
.

Jacques Nel se skildery in die vetplant-afdeling

Ansofie van Rooyen se hond
.

Carol Roux van die BCVO het laat weet dat hulle volgende jaar weer sal voortgaan met ‘n kunsuitstalling by hulle nuwe kantore in Rubensteinrylaan, Moreletapark.


‘n Selfportret deur Mariëtte Hartzer

In ‘n brief aan vanjaar se deelnemers, skryf die BCVO: “Kuns beskik oor die vermoë om te genees, die kunstenaar sowel as die toeskouer. Julle het ons herinner dat die lewe en ons omgewing so mooi is ten spyte van die vreemde omstandighede.”


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger