Ons groet ’n Bronnie-vriendin Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 19 September 2020 06:44
Untitled Document

Thariza Steyn, wat in 2002 die bladuitleg van Die Bronberger se eerste paar uitgawes gedoen het, is op 14 Augustus oorlede. Sy is in die ouderdom van 64 ná ‘n hartaanval dood.

Thariza het dwarsdeur haar loopbaan diep spore in wye velde getrap: Van haar werk saam met prof PJ Nienaber by die Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum tot redakteur van verskeie publikasies soos die SA Koördinerende Verbruikersraad se tydskrif, ‘SA Verbruiker’, en Hospersa-vakbond se tydskrif, ‘Hospersa Today’. Sy het ook as media-koördineerder vir instansies gewerk en was die laaste ruk ‘n fasiliteerder by Lynnwood Privaatskool.


Thariza Steyn

Thariza het die Bronnie se uitleg gedoen toe sy haar eie maatskappy, Multi Communications, in 2002 bedryf het. Sy het die volgende 18 jaar ‘n baie goeie vriendin van die Bronnie gebly en sal deur die Bronnie se mense, haar familie en groot groep vriende by die Renaissance-gemeente in Die Wilgers gemis word.


Thariza se seun, Ebert, op die Bronnie se Desember 2002 vakansie-visvang-voorblad

Thariza laat haar seun, Ebert Steyn, agter. Ebert het as 13-jarige op die Bronnie se Desember 2002 vakansie-visvang-voorblad verskyn. Die foto is op Hendrik Ver Loren Van Themaat se Zwavelpoort-plot deur Ebert se oorlede pa, Johan Steyn, geneem. Ebert bedryf vandag ‘n filmproduksie-maatskappy, ‘Ebert Steyn Films’, in Kaapstad.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger