Beloning uitgereik ná beeld met eiers bestook word Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 19 September 2020 06:43
Untitled Document

Daar is ‘n beloning van R20 000 vir inligting oor die eier-aanval op ‘n Anton Smit-beeld by ‘n huis in Silver Lakes.

Die beloning is uitgereik deur ‘n senior Pretoriase advokaat, Francois Botes, wat die huis aan Paula en Vini Gomes en hulle minderjarige dogter verhuur. Die Gomes-gesin is lede van die Brasiliaanse diplomatiese korps in Suid-Afrika.

Die eiers is in die middel van Augustus na die reuse beeld, wat voor die Oakmont-eiendom staan, se onderste dele gegooi. Francois het ‘n klag van saakbeskadiging by die Boschkop-polisiestasie gelê.


Eiers is na dié beeld op Silver Lakes gegooi
Foto: Verskaf

Befaamde beeldhouer, Anton Smit, spandeer gewoonlik die eerste drie maande van die jaar in sy Kaapse ateljee in die Strand en die res van die jaar in sy ateljees by Bronkhorstspruitdam.

Hy het in 2003 sy beeldetuin, die Anton Smit Beeldhoupark, in Aqua Vista aan die noordekant van die Bronkhorstspruitdam oopgemaak. Die beeldetuin is drie hektaar groot en is op ‘n plato wat oor die water uitkyk. Behalwe die beelde sluit dit ook ‘n Muur van Openbarings in, ‘n kunsgalery, kunskafee en koffiewinkel en is oop vir die publiek.


Anton in sy ateljee
Foto: antonsmit.co.za

Anton is bekend vir sy reuse menslike figure, naakte figure, groot koppe, maskers, hande, engele, drywende en strekkende figure, krygers en abstrakte werke, meestal uit staal, metaal, veselglas en brons.

Sy werke is in die permanente versamelings van onder meer die Pretoriase Kunsmuseum, die Rembrandstigting en Graff/Delaire-versameling en pronk by verskeie plaaslike plekke soos die Openbare Kommissie Nasionale Biblioteek van Tshwane en by Menlyn Maine.


Die beeldhoupark by Bronkhorstspruitdam
Foto: antonsmit.co.za

Anton se beelde is ook al internasionaal uitgestal, by plekke soos Rome en Milan (1991), Singapoer (1993), Bonn en Wolfsburg in Duitsland (1994), die SA Ambassade in Bonn (1998), Amsterdam (2004), Cologne (2014) en by die Scope Art Fair New York in 2017.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger