Slim plan om vliegpot aan kook te hou Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 14 August 2020 09:39
Untitled Document

Dit is vier maande sedert Pretoria se gunsteling ‘weeskind’ vliegtuig haar vlerke van die grond kon lug weens Covid-19 regulasies.

Little Annie is ‘n Antonov AN-2 vliegtuig wat jare reeds kinders se lewens verander deur Just Love Mission. Haar ‘pa’, Mark Hill van Tierpoort, is intussen afgedank weens die pandemie.


Little Annie se ‘pa’, Mark Hill, soek werk terwyl Covid-19 regulasies die gesin “op die grond” het
Foto’s: Facebook

Die Hill-gesin het ook hulle hande vol gehad om ‘n nuwe blyplek vir Annie te kry. Mayday, mayday, mayday – payday” was die woorde op Little Annie se Facebook-blad. Hulle het ook vir Mark in ‘bedelaarsklere’ aangetrek, verskillende bedelaars-plakkate in sy hand gestop en voor Little Annie afgeneem. Van die humoristiese bewoording sluit in: “Te koop of te huur, ‘n tweedehandse, effe gebruike vlieënier en ‘n vliegtuig in goeie werkende toestand.”


Mark Hill, Jon-Marc Hill en Ryan Smith het hulle oorpakke vir voorskote verruil

Intussen het Mark Hill, Jon-Marc Hill en Ryan Smith hulle oorpakke vir voorskote verruil en droëwors en biltong op ‘n lugvaart-tema begin maak om die pot aan die kook te hou. Mark en sy bemanning werk aan ’n nuwe aanlyn reeks, ‘Three Pilots in a Pot’.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger