Marie verras met verby-ry-verjaardag Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 14 August 2020 09:38
Untitled Document

Die gemeenskap het Garsfonteiner, Marie Botha, met ‘n verby-ry optog verras vir haar 80ste verjaardag. Weens inperkingsmaatreëls kon sy nie dié dag saam met familie en vriende deurbring nie.

Marie het op die sypaadjie gesit terwyl ‘n groep bure verby gery het, gelukwense uit hulle motors geskree het en geskenke afgelaai het. Sy vertel dat selfs fietsryers, haar sekuriteitsmaatskappy en mense wat met hulle honde stap, haar vanuit die straat geluk gewens het.


Marie Botha op haar 80ste verjaardag
Foto: Tshegofatso Ramushi

Marie is op 18 Julie 1940 in Lady Smith in die destydse Natal gebore. Sy het as onderwyseres in Pretoria begin werk en het twee dogters en twee seuns gehad. Sy het in 2004 Garsfontein toe getrek ná haar man oorlede is.

Sy vertel dat dit nie is hoe sy gedink het sy haar 80ste verjaardag sal vier nie en sy was baie opgewonde oor die groot verrassing wat mense uitgedink het om by die Covid-19 maatreëls te hou. Marie is ‘n aktiewe lid van haar gemeenskap en die verby-ryers het haar laat weet hoe spesiaal sy vir hulle is.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger