Aanlyn-spoke loop in Augustus Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 14 August 2020 09:38
Untitled Document

Aanlyn-spoke loop in Augustus – dalk tot binne-in jou sitkamer. In dié inperkingstyd van Covid-19 is dit nou moontlik om die hele land se spookbustoere vanuit jou eie huis te ervaar.

Mark Rose-Christie van Vaalbank se 20-jaar-lange Mystery Ghost Bus, wat na Mystery Ghost Jaunt herdoop is, bied dié ervarings aan met ekstra byvoegings soos werklike waarnemings, regte foto’s en die wêreldbekende parasielkundige, dr Rupert Sheldrake.


Mark Rose-Christie

President van die oorspronklike Spookklub van Engeland, Peter Underwood, het gesê dat ‘n mens sekere kwaliteite moet hê om die bonatuurlike behoorlik te ondersoek: Jy moet ‘n towenaar wees om leuens te kan uitken, ‘n sielkundige om hallusinasies in twyfel te trek en ‘n wetenskaplike soort speurder. Mark is al drie van dié en ‘n vermaaklikheidskunstenaar ook nog.

Die aanlyn-spoke loop van 21 tot 29 Augustus om 8 nm. Kaartjies kos R69 en is by Computicket beskikbaar. Kyk na die voorskou by https://youtu.be/4VZcY7JA8RQ.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger