Liefdeshart vir Liza ná jaar uit ruimte te sien Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 17 July 2020 14:42
Untitled Document

‘n Zwavelpoortse man teken ‘n hart vir sy vrou teen die hange van die Bronberg en wag bykans ‘n jaar vir Google Earth om ’n satellietfoto daarvan te neem.

Andrew Labuschagne vertel dat hy dié hart, met sy vrou se naam – Liza – binne-in, verlede jaar in Julie in die veld op hulle kleinhoewe uitgesny het. Die hart is omtrent 30 meter lank en hy het dit met sy grassnyer as ‘n verrassing vir haar gesny.


Die hart met Liza se naam in op die Labuschagne’s se Zwavelpoort-kleinhoewe

Hy het gedink dat Google Earth gouer sal opdateer en het nie besef dat hy bykans ‘n jaar lank sou moes wag voor Liza dit kon sien nie. In die proses moes Andrew die hart en Liza se naam tien keer met die grassnyer in veldgras uitsny. En hy moes dit in die geheim doen sodat dit ‘n verrassing kon bly. Andrew het elke keer gewag tot Liza by haar ma gaan kuier voor hy skelm met die grassnyer veld toe is.

Hy vertel dat hy en Liza gereeld na hulle hoewe op Google Earth kyk en hy het naderhand gewonder of dié program ooit weer opgedateer gaan word. Die egpaar woon die afgelope drie en ‘n half jaar op dié kleinhoewe langs Generaal Marais-weg, naby die Zwavelpoort-teerpad.

Andrew het gehoop dat die program in die somer opgedateer sal word omdat die hart en letters dan baie duideliker vertoon. In die winter is daar nie juis ‘n groot kontras tussen die netjies gesnyde deel en die res van die veldgras nie, maar dit is toe juis in Junie wat die hele wêreld vir die eerste keer sy liefdesverklaring aan Liza kon sien.


Andrew en Liza op hulle troudag in 1988

Hy sê die hart is op Google Maps ook sigbaar en die hele Zwavelpoort-gemeenskap is in rep en roer oor dié gebaar. Blykbaar is Andrew nie ‘n baie sosiale ou nie en dié openbare vertoning het nie net vir Liza verstom nie.

Gaan Andrew die grassnyery voortsit om die hart in stand te hou? Hy sê noudat die verrassing vir Liza verby is, gaan hy die hart maar laat toegroei. Elf maande se instandhouding was vir hom genoeg.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Julie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger