Moedersdag ‘n jaar ná ongeluk Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 17 June 2020 14:36
Untitled Document

Met Moedersdag in Mei was dit presies ‘n jaar sedert Steyn Steenberg van Boschkop sy been in ‘n motorfietsongeluk verloor het.

Hy het op Moedersdag, 12 Mei 2019, omtrent een kilometer vanaf Kitty Hawk met sy motorfiets teen ‘n staalversperring gebots en al drie hoofslagare in sy linkerbeen is afgesny. Altwee sy longe het platgeval as ‘n gevolg van gebreekte ribbes en impak op sy borskas. Hy het ook ’n ernstige fraktuur van die bekken, bloeding op die milt, ’n sny in die linker nier en gebreekte linker-gewrig gehad.


Steyn Steenberg en sy ma, Christa, op Moedersdag in Mei
Foto: Verskaf

In die teater het hy twee keer ingegee en het die span dokters omtrent 30 minute gesukkel met resussitasie. Dit het later aan die lig gekom dat hy ligte beroertes in twee areas van die brein gehad het, wat sy spraak en sig aangetas het.

Steyn was die laaste twee kwartale van verlede jaar 63 uit 100 dae afwesig, maar het al sy vakke deurgekom. Hy het in Februarie ‘n permanente prostese by Jaco Deist van Deist Ortotiste gekry.

In ‘n video op die ‘Steyn se Storie’ Facebook-blad het hy vertel dat dit hom ‘n jaar geneem het om te besef wat die realiteit is, maar dat hy vandag kan sê dat hy regtig gelukkig is en graag vir almal wat hom bygestaan het, wil dankie sê.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger