Reece het jou hulp nodig Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 17 June 2020 14:35
Untitled Document

Die 15-jarige Reece Trumpelmann van Nestpark, Bapsfontein is in sy kort lewe reeds deur meer as wat die gewone volwassene sal kan hanteer. Hy ly aan Gorlin-Goltz sindroom, ‘n baie rare vorm van genetiese gebreke wat hom vir verskeie soorte kanker vatbaar maak, en hy veg daarteen met leeuemoed.

Ná 10 jaar van skynbaar onverwante simptome het Reece se gesin uiteindelik ná ‘n kinderpartytjie uitgevind wat met hom fout is. Reece was toe maar 11 jaar oud en iemand het per ongeluk teen hom gestamp terwyl die kinders op ‘n springkasteel gespeel het.

Sy ma, Marsha, vertel dat daar dadelik ‘n knop op sy kakebeen gevorm het. Hulle moes by dokters hoor dat die stamp teen Reece se kakebeen ‘n gewas veroorsaak het, wat aanvanklik twee groot operasies tot gevolg gehad het. Vandag is daar reeds meer as 40 gewasse van sy kakebeen verwyder en het hy al 16 tande verloor. Hy het ook verskeie beenoorplantings gehad.


Reece Trumpelmann en 'n viervoetige vriend

Die sindroom beïnvloed verskillende dele van Reece se liggaam en die baie lang lys van probleme strek van velkanker, skoliose, kifose en die afsplintering van bene (tans aan sy knie) tot gloukoom, hipotireose en hartprobleme (fibroom).

Die aard van Reece se siekte het ‘n groot invloed op sy gesin, insluitende sy pa, Bjorn, en sy susters Abigail en Savannah. Sy ma, Marsha, sê, “Ek is net ‘n ma wat vir haar kind veg en ons het regtig hulp op enige manier en in enige vorm nodig.”

“Reece het al meer operasies gehad as wat ek kan onthou sedert hy in 2016 gediagnoseer is. Hy is op ‘n goeie mediese fonds, maar daar is ongelukkig baie bybetalings en soveel prosedures dat die fonds reeds in Februarie opgebruik is vir die jaar.”

Vir meer inligting, besoek http://Helpreece.org; bel Marsha: 083-712-7761 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger