Aanlyn-klaskamers vul inperking-gaping Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 17 June 2020 14:34
Untitled Document

Geskiedenis is gemaak toe skole dwarsoor die Bronberg-gebied in die nasionale inperkingstyd aanlyn-onderwys begin aanbied het.


‘n Resep uit die graad vier Tygie-kombuis. Danielle is een van die leerlinge by Laerskool Tygerpoort wat resep-instruksies moes volg, vrae daaroor moes beantwoord en daarna moes bak en brou en die resultaat eet

Die aanlyn-onderrig het op verskeie tegnologiese platforms plaasgevind en het nie net op die akademie gefokus nie. Sportpraatjies is gehou en kinders kon virtueel saam oefen aan kooropvoerings; hulle kon klavierlesse kry, die viool bemeester en dansstappies vervolmaak.


Só oefen Hoërskool Garsfontein se musiekgroepe saam
.
.


‘n Innoverende span afrigters van Maragon Olympus se buitemuurse kunssentrum het seker gemaak dat die kinders met hulle lesse kon voortgaan

Danksy sosiale media, kon leerlinge hulle projekte met mekaar deel, van kook-en-bak tot kunswerke en ander take, en kon hulle elke dag na bemoedigende praatjies en voorlesings luister.


Juffrou en klasmaats werk só saam by Curro Hazeldean. Elke leerling het vir elke vak ‘n aanlyn boek gekry waarin huiswerk, opdragte en take gedoen is. Onderwysers merk die werk aanlyn en die kinders ontvang onmiddellik terugvoer
Foto’s: Verskaf


By Laerskool Witpoort moes die graad sesse meer van kultuur leer. Elke leerling het ‘n aktiwiteit gedoen wat elektronies met ander gedeel is. Jan-Hendrik Opperman het gewys dat hy in murg en been ’n boer is
.

Innoverende samewerking het verseker dat selfs personeel- en ouervergaderings elektronies gehou kon word sodat skole kon aangaan, selfs al was hulle ingeperk.


Hoofmeisie, Quané Rogers, hanteer die oggend-oordenking by CVO Skool Pretoria se e-skool

“Hierdie geleentheid gee vir almal vleuels, al is die vlug hier en daar stormagtig en weet ons nie aldag hoe lank ons dit sal moet doen nie,” het die CVO Skool Pretoria geskryf.


Leerlinge van Hoërskool Die Wilgers deel boodskappe van bemoediging met mekaar op hulle Facebook-blad
.
.
.

Selfs spesiale dae is elektronies gevier. By Maragon Mooikloof het leerlinge vanaf hulle huise aan Nasionale Kaalvoetdag deelgeneem en die foto’s met mekaar gedeel

Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger