Konsertreeks om monumente te red Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 17 June 2020 14:32
Untitled Document

Die ‘Hier Staan Ons’-konsertreeks om Afrikanermonumente te ondersteun, het op 16 Junie afgeskop om die instellings se finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) in samewerking met sanger en aanbieder, Jak de Priester, as gasheer het die eerste konsert met Steve Hofmeyr as kunstenaar aangebied.


Die Voortrekkermonument

Steve het voor die ingang van die Voortrekkermonument opgetree, terwyl die konsert aanlyn uitgesaai is. Dié monument is een van die plekke wat moontlik sy deure kan sluit weens ‘n verlies aan toerisme-inkomste.

Dié konsertreeks is deel van die FAK se geskiedenisfonds-hulpprogram, wat ook die uitreik van kultuurkaarte insluit. Die kaarte bied agtergrondinligting oor historiese plekke, ‘n roetekaart na monumente en afslag op toegangsgelde.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger