Little Annie wil kospakkies aflewer Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 17 June 2020 14:31
Untitled Document

Little Annie, ‘n Antonov AN-2 vliegtuig wat jare reeds kinders se lewens verander deur Just Love Mission, wil graag kospakkies versprei.

Sy is sedert die begin van die inperkingstyd in die werkswinkel by Wonderboom-lughawe en haar eienaars, Mark en Sophia Hill van Tierpoort, het aansoek gedoen vir permitte om weer liefdadigheidswerk te begin doen.


Little Annie in vlug

In Junie 2014 het ons berig dat Mark en Sophia se droom om lugvaart te gebruik om minderbevoorregte kinders op ‘n positiewe manier te beïnvloed, in 2002 posgevat het. Verskeie pogings om ‘n geskikte vliegtuig te vind, het aanvanklik misluk.

In 2011 het ‘n vriend, Niall Olver, uitvoerende direkteur van ExecuJet Global, die konsep met ‘n kollega, Andrei Martirosov van UTair in Rusland, bespreek. Skielik was die bal aan die rol en Little Annie, die Antonov AN-2 vliegtuig van Rusland, het die hoofrol begin speel.


Die voorreg en vreugde van vlug danksy Little Annie

Haar rol is geskoei op Harold Grey se ‘The Adventures of Little Orphan Annie’wat terug dateer na 1924. Die Russe verwys liefdevol na die AN-2 as “Annushka”. Die Engelse vertaling is “Annie”.

Little Annie is na vele onderhandelinge aangeneem van ‘n Siberiese “weeshuis”, UTair Cargo. Vandaar het sy na Kaapstad gevlieg. Dit het twee en ‘n half maande in plaas van die aanvanklik beplande twee en ‘n half weke geneem om die 17 180 km oor 22 lande af te lê, en 19 000 liter brandstof en 470 liter olie is met die epiese vlug gebruik.


Mark Hill van Tierpoort, Little Annie se aanneem-pa, met Little Annie in die agtergrond
Foto’s: Verskaf

Little Annie het haar debuut op 10 Mei 2014 by die Paramount Groep SAAF Museum Lugskou te Zwartkops gemaak.

Just Love Mission, ‘n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy, is nou op soek na borge om Annie te help om gemeenskappe in die Covid-19 tyd by te staan. Bel Sophia Hill by 081-777-0444 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger