Pieter se projek Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 20 May 2020 20:13
Untitled Document

Pieter Oosthuizen is besig met ‘n fondsinsamelingsprojek vir die Zwavelpoortse Kungwini Welsynsorganisasie.

Hy beplan om 40 km te stap om fondse in te samel, maar omdat hy nog nie weet wanneer hy dié afstand sal mag aflê nie, het Pieter solank ‘n ander plan beraam. As jy ‘n sake-onderneming binne
5 km vanaf die kruising van Lynnwoodweg en Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) het en ‘n skenking op die GivenGain-platform maak, sal Pieter verby jou onderneming loop, ‘n foto neem en ‘n resensie op Google Maps skryf wat jou bedank vir die skenking.

As jou onderneming in dié gebied is, besoek die fondsinsamelingsprojek by: https://www.givengain.com.

“Onthou, ons lewens gaan een of ander tyd terugkeer na ‘n soort normaliteit, maar die mense by Kungwini Welsynsorganisasie het ons hulp nodig om te oorleef,” sê Pieter.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Mei weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger