Totsiens, juffrou Ina Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 20 May 2020 20:09
Untitled Document

CVO Skool Pretoria se leerlinge, onderwysers en ouers betreur die afsterwe van juffrou Ina Erasmus, wat vir 26 jaar ’n onderwyseres aan dié skool was. Sy is op Maandag 4 Mei ná ’n stryd teen kanker oorlede.


Juffrou Ina Erasmus
Foto: Verskaf

Marinette de Bruin, ’n kollega, het ’n ode aan juffrou Ina geskryf waarin sy haar beskryf as iemand met humor, lojaliteit, energieke lewenslus, ‘n objektiewe historikus, wat ‘n geskiedenis-les kon laat lewe kry, iemand wat uitmuntende krisisbestuur kon toepas, programme opstel, toere reël en met fotograwe vir die beste diens beding.

Marinette skryf dat niemand by juffrou Ina kon kersvashou as dit gekom het by inisiatief en planne beraam nie. Sy sê dat die sportveld se gras en die meeste bome op dié skoolterrein langs Lynnwoodweg-verlenging ‘n plaatjie behoort te dra: “Hier is Ina se kleim.”


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Mei weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger