Inperkingsvriende Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 20 May 2020 20:06
Untitled Document

Nyamazan die Burchell-sebra en Rocky die bulhond verwyl die inperkingstyd in die Oechlers se kombuis op hulle Elandshoek-plaas buite Rayton.

In 2003 het ons die verhaal van Lila Oechler en Nyamazan, wat toe vier jaar oud was, vertel. Lila het Nyamazan, wat die Zulu-woord vir ‘klein diertjie’ is, as ‘n sewe-maande oue vul by ‘n wildsplaas net buite Pretoria gekoop.

In Oktober 2017 het ons vertel dat Nyamazan deel is van Lila se Dinokeng sebra-toere op Elandshoek.


Nyamazan en Rocky is inperkingsvriende
Foto: Heinrich Oechler Ribot

Op dié plaas woon daar nog twee sebras: ’n jong merrie, Nandi, wat Lila geleer het om gery te word; en Xena wat ongelukkig nie vir die toere gebruik kan word nie al is sy baie mak. Lila vertel dat mense Xena hans grootgemaak het en dat sy partykeer onvoorspelbaar kan wees.

Nyamazan is vriende met Lila se kwartmylperd (“quarter horse”) Flash en ook met Nandi.  “Ongelukkig kan ek hom nie by Xena sit nie, want sy val hom aan en jaag hom tot hy gedaan is,” sê Lila.

Nyamazan is nou 21 jaar oud. Sebras wat mak aangehou word kan soos ’n perd 25 jaar of ouer word, maar in die natuur lewe hulle gemiddeld net so 10 tot 12 jaar voor hulle as prooi gevang word.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Mei weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger