Gebed-lintjies wapper in grendeltyd Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Gebed-lintjies wapper aan hekke in Faerie Glen om hoop aan bure te bring.

Inwoner Corinne Munro vertel dat die idee by Pieter Colyn posgevat het en dat hy die eerste lintjies aan sy hek in Waterpoortstraat, Faerie Glen gebind het. In dié gemeenskap is ‘n WhatsApp gebedsgroep gestig en elkeen wat wou, het hulle name op linte geskryf en voor grendeltyd aan Pieter en Avril Colyn se hek gaan vasmaak. Pieter het gesê dat hy elke dag by die lintjies sal staan en bid.


Pieter Colyn het gesê dat hy elke dag by die lintjies sal staan en bid
Foto’s: www.facebook.com/corinnespetitepartykidatjies

Corinne sê dat sy in die partytjiebedryf is en hordes lintjies het en dit ook aan haar hek begin bind het. Sy het op haar Facebook-blad vertel waarmee sy besig is en skielik het hordes boodskappe van mense oral oor die wêreld begin instroom.


Die hek in Waterpoortstraat, Faerie Glen

Daar was boodskappe van mense wat sukkel om kop bo water te hou en stories van verskeie uitdagings wat in die gesig gestaar moet word. Corinne sê dat sy almal wat ‘n gebed nodig het se naam op ‘n lint skryf en aan haar hek vasmaak. Sy neem dan foto’s van dié name en sit dit op haar Facebook-blad sodat mense hulle name daar kan sien.


Corinne Munro het besluit om dit by hulle hek ook te doen
.

Name op die gebed-lintjies

Wanneer my linte op raak, sal ek my tafeldoeke begin sny, maar aangaan sal ek aangaan, sê Corinne.


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger