Helen word honderd Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 March 2020 06:26
Untitled Document

Helen Pretorius van Featherwood-landgoed in Pretoriuspark het onlangs haar 100ste verjaardag gevier.

Sy is steeds ‘n aktiewe lid van die samelewing, glo daaraan om vir lang ente te gaan stap en geniet bak en naaldwerk.

Helen was twee keer getroud. Haar eerste man, Hugo Fourie, was ‘n ingenieur vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë en haar tweede man, Piet Pretorius, was ‘n lid van die destydse eerste minister van Suid-Afrika se adviesraad.


Helen Pretorius
Foto: Anan Jacobs

Sy het drie kinders gehad. Haar twee seuns, Manie en Anton Fourie was altwee tandartse, maar Manie is verlede jaar oorlede. Haar dogter, Marié Blignaut, is ‘n onderwyseres. Helen het ses kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

Sy vertel dat sy amper op die ouderdom van 56 jaar dood is. Terwyl Helen en haar eerste man in hulle plaashuis naby Vaalwater geslaap het, het ‘n pofadder in die bed geklim en haar aan die ringvinger gebyt. Sy het in 1976 ‘n ruk in die hospitaal deurgebring, maar het die byt oorleef om ‘n volle eeu oud te word.

 

© 2024 Die/The Bronberger