Konsert om Elize te ondersteun Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 March 2020 06:25
Untitled Document

n Konsert ten bate van aktrise Elize Cawood word op 29 April by die Rockwood-teater in die Parkview-winkelsentrum, Moreletapark gehou.

Dié veelbekroonde aktrise is verlede jaar met kanker gediagnoseer en die konsert word gereël deur die vervaardigers van die Afrikaans is Groot-konsertreeks om Elize te ondersteun in die tyd waarin sy nie kan werk nie.


‘n Fondsinsamelingskonsert word vir Elize Cawood gehou
Foto: Verskaf

Elize is bekend vir haar rolle in ‘Die Wonderwerker’, ‘Skemerson’, die musiekrolprent ‘Liefling’ en ook vir talle rolle in televisiereekse, soos Pop in die destydse ‘Verspeelde lente’.

Sy is in Februarie met ‘n Fiësta-toekenning bekroon vir lewenslange bydrae tot Afrikaanse teater. Sy is ook vir ‘n Safta-toekenning benoem vir haar rol in ‘Skemerson’.

Kaartjies vir die konsert kos R350. Bespreek by www.rockwoodtheatre.co.za of 012-368-1555. Die konsert se organiseerders het ook ‘n hulpfonds vir Elize gestig. Vir navrae bel Ronel Brink: 082-907-5203.

 

© 2024 Die/The Bronberger