Klop hier aan om hulp ná trauma Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 26 February 2020 10:02
Untitled Document

Slagoffers van misdaad kan om hulp aanklop by die SunRise Trauma-ondersteuningsentrum by Garsfontein-polisiestasie. Dié sentrum is deur die Wapadrandt Gereformeerde Kerk in die lewe geroep en word as ‘n vlagskipinisiatief van sy soort in samewerking met die SAPD beskou.

Sentrumbestuurder, Collette Nienaber-Nel, is die Wapadrandt-gemeente se verteenwoordiger by die sentrum, waar gemeenskapslede opgelei word om ondersteuning te bied aan mense wat trauma ervaar het en aan diegene wat deur die Garsfontein-polisie na die sentrum verwys word.

Baie Suid-Afrikaners beleef op ‘n daaglikse basis trauma sonder die nodige berading of ondersteuning.


Collette Nienaber-Nel en maatskaplike misdaadoffisier, Michael Nel
Foto: Noxolo Sibiya

Die meeste mense het nie die kennis of ondersteuningstruktuur om hulle te help om trauma te hanteer nie. Daarom het die gemeente dié sentrum in Februarie 2013 op die been gebring. Nagenoeg 3 000 mense is sedertdien daar gehelp.

Dié soort hulp sluit mediese dokters, prokureurs, rehabilitasiesentrums, maatskaplike dienste, psigiaters en terapiesentrums in.

Die sentrum word deur borge aan die gang gehou en werk met 18 vrywilligers op weeksdae tussen 8 vm en 6 nm. Hulle is na-ure op bystand en sou dit nodig wees, roep die polisie die vrywilligers na misdaadtonele uit.

As jy as vrywilliger by dié sentrum wil help, bel Collette by 079-392-1100 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger