Internasionale bariton vermaak seniors Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 28 January 2020 14:00
Untitled Document

Na ‘n jaar van gesellige kuier en samesyn is die Tierpoort Seniors in Desember by Bushwillow Lodge in Nkwestraat, Tierpoort onthaal.


Christiaan Snyman in aksie

Met ‘n glasie rooi druiwesap in die hand, is daar in gietende reën na die klipkapel verskuif waar ‘n verrassing op die gaste gewag het. Christiaan Snyman, ‘n internasionale bariton, was die gaskunstenaar vir die dag. Ten spyte van sy verskeie optredes het hy goedgunstiglik ingestem om dié dag gratis op te tree.


Die Seniors in die kapel

Hy het die gaste met operamusiek en sang uit musiekblyspele vermaak en het afgesluit met Kersmusiek met hartlike samesang. Dit het almal in die regte stemming geplaas vir die heerlike ete wat gevolg het.


Gasheer Barry Annandale

Mariaan Anderson het Bushwillow se lokaal treffend versier met blou en silwer met die allerpragtigste blomme, geskenk deur Imperfect Perfection.


Liz Adams, Christiaan Snyman en Nellie Roos verwelkom Rina Snyman by die vertoning

Die voorgereg van krapstokkies op ‘n slaaiblaar is by die tafels bedien, vergesel van nie-alkoholiese vonkelwyn. Die hoofgereg het bestaan uit lamsboud, varknekskywe en gevulde hoenderrolletjies saam met rys, gebraaide aartappels, groenbone en pampoenskywe. Die nagereg was ‘n kleurvolle vrugteslaai met roomys.


Glasies word geklink

Die ete word bedien

Gasheer, Barry Annandale, en gasvrouens, Joan Annandale en Ella Lösch, het uit hulle pad gegaan om van die mildelike ete te skenk en voor te berei. Elke gas het huiswaarts gekeer met ‘n klein vrugtekoekie as geskenk van Bushwillow se mense.

 

© 2024 Die/The Bronberger