“Prost, prost, Kamerad” Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 19 November 2019 14:32
Untitled Document

Tierpoort Seniors het ‘n tipiese Duitse Oktoberfest by die plaaslike kuierplek, LJ’s in Garstfonteinweg-verlenging gehou.


Die komitee berei die verversingsmandjies voor

Hannes van Rooyen en Anton van der Walt het die gaste met alkoholvrye bier verwelkom as hulle bydrae tot die fees. Die tafels het die atmosfeer komplimenteer met rooi, swart en geel Duitse hoedjies en vere as versiering.


Mariet van Niekerk by haar ma, Mara Janse van Rensburg

Gaste Herman en Mucille Groenewald by
Johan Schorr, regs

Van die seniors het werklik moeite gedoen om volgens die Duitse tema te klee en gaste het ‘n geselsoggend geniet met Duitse oempa-musiek in die agtergrond en ‘n bier in die hand.


Nuweling Rosi Luttenberger in haar Duitse uitrusting
.


Rina Snyman met haar Duitse hoedjie
.

Jouline Botha oorhandig Leon Sassenberg se verjaardag-sjokolade namens die komitee

Die komitee het vir elke gas ‘n bamboesmandjie met Duitse vleisgeregte en gebak voorberei. Die oggend is afgesluit met ‘n Duitse koek as nagereg, aangevul met roomys.

 

© 2024 Die/The Bronberger