Die meeste soek toe vir Damian - die boer Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 19 November 2019 14:28
Untitled Document

Damian Engelbrecht van Bashewa, die heel eerste boer wat ‘n man soek in die kykNET-werklikheidsreeks, ‘Boer soek ‘n Vrou’, het die meeste briewe in dié reeks ontvang.

In September het ons berig dat die 37-jarige boer uit ons kontrei, die enigste een uit die Gauteng-streek is om aan die 12de reeks deel te neem. Die reeks noem hom ‘n boer van die Bapsfontein-distrik.

Min mense het gedink dat ‘n boer wat ‘n man soek een van die vyf boere sal wees wie se wedervaringe deur kykers dopgehou gaan word; wat nog te sê dat hy die meeste briewe van almal sal ontvang.


Damian Engelbrecht
Foto: Verskaf

Hy het so ‘n groot hoeveelheid pakkies gekry dat dit in vyf sakke afgelewer moes word. Damian sê dat hy dit glad nie verwag het nie omdat daar so baie kritiek oor sy deelname was. Hy het so baie boodskappe van mense gekry wat sê hy kan nie inskryf nie omdat sy gemeenskap dit nie sal toelaat nie.

Damian, ‘n skaap- en beesboer, het besluit om ‘n Facebook-blad, @boerdamian, te skep om vir mense te vertel wat in sy lewe aangaan. Hy het gesê dat hy baie dom is met sosiale media, maar dat hy graag sy storie daar met meer as 5 000 mense wil deel.

“Hierdie gaan nie net oor my reis nie, maar ook oor elke liewe persoon wat ‘anders’ liefhet as wat die samelewing wil hê,” sê hy.

 

© 2024 Die/The Bronberger