Fliek soos van ouds Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 October 2019 13:01
Untitled Document

Fliekgangers kon op 4 Oktober soos van ouds op Laerskool Witpoort se rugbyveld inry om twee flieks vanuit hulle motors te kyk. Daar was ook mense wat met piekniekkomberse en kampstoele op die gras uitgespan het.


Laerskool Witpoort se fliekaand
Foto’s: Laurette van der Vyver

Die lug was gevul met die geur van braaivleisvure, springmielies, pannekoek en watertand jantjies. Graad sewe leerders was in rooi strikdasse en hoedjies opgetof om mense by hulle motors of op piekniekkomberse met skinkborde vol lekkernye te bedien.


Mnr Hennie Griessel en Ewald Harmse by sy bederf-pak

Die eerste film was ‘The Secret Life of Pets 2’, gevolg deur ‘Alladin’. Lootjies is verkoop, wat gesorg het vir pryse en groot bederf-pakke.


AJ Willemse en Stefan Cronjé

 

© 2024 Die/The Bronberger