Ontbyt saam met rugby-legendes Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 October 2019 12:57
Untitled Document

Mense het op 21 September die kans gekry om saam met ‘n rugby-legende aan die tafel te kuier, na ‘n paneelbespreking te luister en om aan ‘n veiling deel te neem wat geld vir oud-spelers van Noord-Transvaal en die Blou Bulle ingesamel het.


Rugby-legendes Frik du Preez, links, en Thys Lourens, regs, met kommentator, Hugh Bladen,
in die middel
Foto: Koos Venter

Die Blou Bulle Rugby Trust se 22ste jaarlikse rugby-funksie is as ‘n laat-ontbyt by Utopia Place in Equestria gehou. ’n Oud-Bloubul- of oud-Springbok-legende het aan elke tafel saam met die gaste gekuier. Rugby-kommentator, Hugh Bladen, was die seremoniemeester en afslaer, Heinrich du Preez, het die veiling behartig.

Ná die ontbyt het gaste na wêreldbeker-rugby op twee groot skerms gekyk, gevolg deur ‘n paneelbespreking met Frik du Preez, Thys Lourens en Hugh Bladen.

 

© 2024 Die/The Bronberger