Nóg ‘n operasie vir Steyn Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 October 2019 12:56
Untitled Document

Steyn Steenberg is op 3 Oktober in Eugene Marais-hospitaal geopereer om ‘n pynlike neuroom, wat op een van sy geamputeerde senuwees ontwikkel het, uit te sny en hersiening op sy geamputeerde been te doen.

Hy was van 9:30 vm tot 1 nm in die teater en gaan na verwagting vier weke sonder sy tydelike prostetiese been moet loop.

Die 16-jarige Steyn van Boschkop is in Mei baie ernstig in ‘n motorfietsongeluk naby Kitty Hawk beseer en het sy been verloor. Hy is in Julie terug skool toe met ‘n tydelike prostese tot hy sy eie permanente prostetiese been kan kry.

Steyn se pa, Jacques, sê dat hulle baie verlig is nadat die dokters verduidelik het dat die pynlike neuroom wat Steyn ontwikkel het ‘n algemene newe-effek ná ‘n traumatiese amputasie is.

Steyn is op 5 Oktober uit die hospitaal ontslaan en die chirurg het aanbeveel dat hy vir twee weke by die huis bly.


Steyn Steenberg toe hy ontslaan is ná sy operasie op 3 Oktober
Foto: Verskaf

Sy ouers is baie bekommerd dat Steyn verder agter raak met skoolwerk. Steyn het amper drie maande se skoolwerk gemis en daar is van hom verwag om toetse te skryf voor hy nog met al die werk opgevang het.

Jacques sê hulle hoop dat Steyn genoeg individuele sessies met sy onderwysers kan deurbring voor die eindeksamen.

“Sy skool het ook die besluit geneem om nie deel van die fondsinsameling vir Steyn te wees nie, omdat dit ‘n presedent sal stel. Waardevolle tyd is verloor terwyl ons vir hulle gewag het ná verwagtinge geskep is,” sê Jacques.

“Nou is ons op ons eie en dinge gaan regtig stadig. As enige iemand met fondsinsameling kan help, laat weet ons asseblief,” sê Jacques.

Steyn moet ‘n permanente, veeldoelige prostetiese been kry wat na raming R250 000 gaan kos.

Slytasie aan ‘n prostetiese been moet jaarliks herstel word en dit word beraam dat die koste vir 2020 R110 000 gaan beloop. Die been gaan in 2021 vervang moet word teen R250 000.

Daar is drie maniere om fondse aan Steyn te skenk. Die eerste is deur BackaBuddy: https://www.backabuddy.co.za/champi…/project/steyn-steenberg.

Die tweede is deur Caring Daisies, vir maatskappye wat ‘n belastingsertifikaat vir die skenking benodig: Caring Daisies; Rand Merchant Bank (FNB); rekeningnommer 62321551906; tak 222-026; verwysing: Steyn. Stuur ‘n betalingsrekord na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

Die derde manier is deur NG Tygerpoort: NG Tygerpoort Hulpfonds; ABSA; spaarrekeningnommer 9231625698; tak 632005; verwysing: Steyn Steenberg. Stuur ‘n betalingsrekord na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Jacques vra dat mense ook ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it kan stuur sodat die gesin kan rekord hou van wat om te verwag.

 

© 2024 Die/The Bronberger