Toekennings vir Tygies Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 September 2019 09:38
Untitled Document

Kan my oë my ore bedrieg? Kan ek my foon herlaai terwyl ek fiets trap? 

Dié is net ‘n paar van die vrae wat die graad ses- en sewe-leerders van Laerskool Tygerpoort probeer beantwoord het met die Noord-Gautengse Wetenskap-ekspo. 


Zahra van der Spuy en Nicola Matthee by hulle projek wat handel oor hoe jou sintuie
jou brein kan bedrieg

In die Junior Ekspo het die graad ses-leerders met twee goue- en twee silwer toekennings weggestap.

Nicola Matthee en Zahra van der Spuy het ook deurgedring na die nasionale uitdunrondte – ‘n eerste keer vir Laerskool Tygerpoort wat verlede jaar onder leiding van Jacques du Plessis, Natuurwetenskap-onderwyser, aan die ekspo begin deelneem het.


Stefan Lachmann en Mikal Timmerman ondersoek alternatiewe oplossings om elektrisiteit op te wek met magnete

Die seniors het sake op 17 Augustus uitgespook en het met drie brons- en twee silwer-toekennings weggestap.

 

© 2024 Die/The Bronberger