Seniors op Switserse reis Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 September 2019 09:37
Untitled Document

Die Tierpoort Seniors het in Augustus ‘n draai in ‘Switserland’ gaan maak.

Gasheer en gasvrouens, Dawid en Lenè van Leeuwen en Noleen de Jager het gesorg dat ’n Switserse vlag op elke tafel en in elke rangskikking gereed sit toe hulle die seniors by Imperfect Perfection in Cheetahstraat ontvang het.


Hannes Malherbe, Annatjie Pienaar, Renita Malherbe en Melinda en Callie van der Merwe, wat Renita vanaf Wellington vir haar verjaardag gaan verras het

’n Rekordgetal van 81 mense is met ‘n glasie sjerrie of warm sjokolade verwelkom. Vyftien van dié mense was gaste, wat selfs so ver as vanaf Wellington gekom het om die geleentheid by te woon.


Linda Meintjies, voorsitter, by die kostafels

Die hoogtepunt van die oggend was die motiveringspraatjie, ‘Die vorm van jou lewe’. Yvette Steyn, een van die Seniors, het met haar skoondogter, Antoinette Steyn, gereël om die mense toe te spreek.


Nellie Roos smul aan haar nagereg

Antoinette het sielkunde studeer en is besig met haar teologiese studies. Sy het ook onlangs ‘n boek met dieselfde titel bekendgestel.


Yvette Steyn, skoonma; Antoinette Steyn, gasspreker; en haar eie ma, Rita Koster

Die spyskaart het die Switserse tema uitgebeeld: Hoender schnitzels met kaassous, gerookte vark, ‘n aartappelgereg, rys en groente is deur die komitee en personeel van Imperfect Perfection voorberei.


Lene van Leeuwen bedank die komitee vir hul toegewydheid

Die nagereg was koffie in ‘n suikerhorinkie. Die keuses was wit sjokolade, donker sjokolade of cappuccino met room. 


Marietjie en Faan Pieterse kon weer by die seniors aansluit na hulle ernstige motorongeluk aan die einde van verlede jaar

 

© 2024 Die/The Bronberger